Jy kan dié Mexikaanse mengsel ook in ’n tortilla toedraai en saam met guacamole en suurroom voorsit.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

1 ui, gekap

2 ml (½ t) rissiepoeier

olie

500 g beesmaalvleis

1 blikkie (410 g) gekapte Mexikaanse tamaties

60 ml (¼ k) water

1 blikkie (410 g) rooi nierboontjies

gaar kapokaartappels en roketblare (opsioneel)

  1. Braai die ui saam met die rissipoeier in die olie.
  2. Voeg die maalvleis by en roer tot gaar.
  3. Voeg die tamaties, water en nierboontjies by. Verlaag die hitte en laat 30 minute prut.
  4. Sit voor saam met die kapokaartappels en roketblare indien verkies.