Genoeg vir 4-6 mense

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

Bereiding: 10 min.

Afkoel: 20 min.

2 kg varkrib

2 L (8 k) water

BEDRUIPSEL

6 koejawels, geskil

80 ml (? k) olie

sap en skil van 1 lemoen

500 ml (2 k) koejawelsap

2 brandrissies, grof gekap (opsioneel)

30 ml (2 e) worcestersous

’n hand vol vars koljander

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Plaas die rib in ’n groot pot, bedek met die water, bring tot kookpunt en laat prut 45 min. Haal die rib versigtig met ’n tang uit, pak op ’n bakplaat en laat 20 min. afkoel.
  2. Bedruipsel: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en pols to glad.
  3. Bedruip die afgekoelde rib met die sous en rooster 30 min. in die oond of tot goudbruin. Bedruip elke 5 min. tot gaar. Sit voor saam met die vars koljander.