Ons vinnige variasie van hierdie bekende Britse gereg is ’n heerlike eenskottelmaaltyd en ideaal vir aandete. Sit dit voor met ’n groenslaai en ’n ekstra skeppie skerp mosterd. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereidingstyd is 15 minute en gaarmaaktyd 40-50 minute.

Bestanddele: 500 ml (2 k) bruismeel; 5 ml (1 t) sout; 80 g (? k) botter, gesmelt; 250 ml (1 k) karringmelk; 250 ml (1 k) melk; 30 ml (2 e) mosterdpoeier; 4 repe spek, gehalveer; 1 blik (390 g) Weense worsies, gedreineer; 15 ml (1 e) pietersielie.

Metode: Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter, karringmelk, melk en mosterd saam en giet by die meel. Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie. Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak, draai ’n halwe stukkie spek om elke worsie en rangskik die worsies binne-in die beslag. Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is. Garneer met vars pietersielieblare en sit voor saam met ’n groenslaai.