Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

BEDRUIPSOUS

60 ml (¼ k) olyfolie

30 ml (2 e) worcestersous

30 ml (2 e) blatjang

30 ml (2 e) tamatiesous

sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) braaivleisspeserye

VLEIS

8 dun T-beensteaks (elk sowat 100 g, soortgelyk aan ’n kitsskyf)

sout (opsioneel)

VINNIGE STYWEPAP

250 ml (1 k) water

’n knippie sout

500 ml (2 k) mieliemeel

SOETRISSIESOUS

40 ml olie

2 fyn uie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

30 ml (2 e) kerriepoeier (indien gebruik)

2 groen soetrissies, in blokkies gesny

1 rooi brandrissie, ontpit en fyn gekap

3 tamaties, gekap

30 ml (2 e) worcestersous

40 ml blatjang

sout en peper

BEDRUIPSOUS

Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.

VLEIS

Braai die T-beensteaks sowat 2 minute per kant oor baie warm kole of hoë hitte. Verf met bedruipsous terwyl dit braai. Geur met sout indien nodig. Sit voor saam met stywe pap en soetrissiesous.

STYWEPAP

Bring die water met sout tot kookpunt. Roer dan die mieliemeel stadig by en prut 20 minute lank oor matige hitte tot gaar. Roer elke nou en dan.

SOETRISSIESOUS

Verhit die olie en braai die uie, knoffel en kerriepoeier (indien gebruik) ’n paar minute. Roer die groen soetrissies, rooi brandrissie en tamaties by. Voeg worcestersous en blatjang by en geur met sout en peper na smaak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut ’n paar minute tot dik en geurig.