Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Staantyd: 30 minute

Dis die sous wat hierdie filet so uitsonderlik maak. En dié groen sous raak net ál lekkerder hoe langer ’n mens dit in

die yskas hou.

FILET

20 ml (4 t) olyfolie

3 knoffelhuisies, fyngedruk

swartpeper

1,2 kg heel beesfilet

sout

ROKET-PEPERWORTELSOUS

160 ml (2/3k) roketblare

30 ml (2 e) geroomde peperwortelsous

2 knoffelhuisies

30 ml (2 e) olyfolie

sout en swartpeper na smaak

15 ml (1 e) room

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

biltongskyfies (opsioneel)

ekstra roketblare (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C.

FILET

Meng die olyfolie en knoffel en geur goed met swartpeper. Smeer dit oor die filet en laat staan ’n halfuur. Plaas die vleis in ’n oondpan en oondbraai dit 25 minute (na gelang van die dikte van die filet). Laat die vleis 30 minute rus, geur dit met sout en sny net voor opdiening in skywe.

ROKET-PEPERWORTELSOUS

Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n voedselverwerker en verwerk dit tot glad. Sit die sous voor saam met die steak en rond die gereg af met  biltongskyfies en roketblare indien verkies.