Bedien: 4

Voorbereidingtyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

VLEISKOEKIES

  • 500 g beesmaalvleis
  • eier, geklits
  • 1 sny witbrood
  • 100 ml melk
  • sout en vars gemaalde
  • swartpeper
  • 10 ml (2 t) Worcestersous
  • 60 ml (¼ k) pietersielie, fyn gekap

OPDIENING

  • 20 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 4 groot bruin sampioene
  • 4 broodrolletjies, in die helfte oopgesny
  • 40 ml mayonnaise
  • vars blaarslaai
  • 1 ui, in dik ringe gesny
  • 2 ryp tamaties, in skywe gesny
  • 100 g verouderde cheddarkaas, gerasper

VLEISKOEKIE

  1. Meng al die bestanddele vir die vleiskoekie in ’n groot mengbak.
  2. Verdeel die maalvleismengsel in vier en vorm elk in in ’n koekie.
  3. Gebruik ’n maatkoppie of metaalvormpie om ewe groot vleiskoekies te vorm. Verkoel.

OPDIENING

  1. Verhit intussen die botter en sowat 15 ml van die olyfolie en braai die sampioene daarin tot sag.
  2. Smeer die broodrolletjies met ’n bietjie mayonnaise en rangskik die blaarslaai, sampioene, uie en tamaties bo-op.
  3. Verhit die res van die olie en braai die vleiskoekies tot medium gaar of na smaak.
  4. Plaas op ’n bakplaat. Sprinkel die kaas boop elke vleiskoekie en plaas onder die roosterelement tot die kaas net gesmelt is.
  5. Plaas dit op die broodrolletjies.
  6. Sit voor met agurkies en aartappelskyfies.

Volg Huisgenoot op Twitter.