800 g-1 kg varkribbetjies

125 ml (½ k) verpulpte pynappel

250 ml (1 k) braaisous

SLAAI

100 g roketblare

250 g groenboontjies, geblansjeer

SLAAISOUS

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Pak die ribbetjies in ’n bak. Meng die pynappel en sous, smeer oor die ribbetjies en marineer 30 minute.
  2. Pak op ’n bakplaat en braai 45-55 minute tot gaar. Smeer gereeld met die sous.
  3. Slaai Meng alles en sit voor saam met die ribbetjies.

Slaaisous Meng alles en giet oor die slaai.¬