4 varkneksteaks, effens platter gekap

sout en peper

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

1 blik (440 g) pynappelringe

PREIE

15 ml

(1 e) botter

15 ml (1 e) olie

8 jong babapreie, in die lengte gehalveer

sout

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die steaks met die sout en peper en smeer met die twee soorte mosterd. Rangskik die pynappelringe op die steaks en pak op ’n bakplaat.
  2. Rooster 20 minute tot gaar.
  3. Preie: Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die preie tot gaar. Geur na smaak met die sout en sit voor saam met die steaks.