Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

15 ml (1 e) olie

500 g boerewors

250 g rou frikkadelle

sowat 15 baba-aartappels, geskil

10 baba-uie, geskil

500 ml (2 k) water

15 ml (1 e) bruinsouspoeier

250 g sampioene

  1. Smeer ’n platboom-swartpot met olie of spuit met kossproei.
  2. Plaas die boerewors in die pot en pak die rou frikkadelle bo-op die wors.
  3. Plaas die aartappels en uie bo-op die frikkadelle.
  4. Meng ’n bietjie van die water met die souspoeier en roer tot glad. Giet die res van die water by en roer goed.
  5. Pak die sampioene bo-op en giet die sousmengsel in die pot.
  6. Plaas die deksel op en kook sowat 30-40 minute op matige kole of tot gaar.
  7. Sit voor saam met rys en slaai.