Genoeg vir 2 mense

Bereiding 1uur

Gaarmaaktyd 10 min

300 g steak

150 ml rooiwyn

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd of groenpeperkorrels

3 knoffelhuisies, gekneus

20 ml (4 t) Worcestersous

30 ml (2 e) olyfolie

sout na maak

4 panini-broodjies

100 g bloukaas, gekrummel

60 ml (¼ k) uiemarmalade roketblare

aartappelskyfies

  1. Meng die rooiwyn, heelkorrelmosterd, knoffelhuisies, Worcestersous en olyfolie en marineer die steak minstens 1 uur.
  2. Verhit ’n riffelpan tot rookwarm en braai die steak sowat 3 minute aan elke kant, of tot so gaar as wat jy dit wil hê.
  3. Geur met sout terwyl die steak braai.
  4. Laat rus die vleis 10 minute en sny in baie dun skywe.
  5. Halveer die panini-broodjies en rooster dit liggies.
  6. Rangskik die vleisskywe, bloukaas, uiemarmalade en roketblare bo-op die broodjies en sit dit voor met dun aartappelskyfies.