Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Staantyd: 1 uur + 10 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

Pasta

3 rooi soetrissies

2 knoffelhuisies

5 ml (1 t) rissievlokkies

60 ml (¼ k) olyfolie

sout na smaak

Vleis

500-800 g steak, lende of filet

olie

Salsa

’n paar groen- of swartolywe, gekap

hand vol pietersielie, gekap

  1. Pasta Skroei die soetrissies op die vlamme tot swart blase vorm. Plaas in ’n plastieksak tot die velmaklik afgetrek kan word. Sny in repe.
  2. Plaas ²/3 van die soetrissie saam met die knoffel, rissievlokkies en olie in ’n voedselverwerker. Verwerk tot ’n
  3. gladde pasta. Geur met die sout.
  4. Vleis Vryf die steak met van die soetrissiepasta in. Plaas ’n uur in die yskas.
  5. Verf die steak met die olie en braai op baie warm kole tot die verlangde gaarheid. Verf gereeld marinade op. Geur met sout. Laat 10 minute rus.
  6. Salsa Meng die olywe, pietersielie en orige soetrissierepe by die orige pastaom’n salsa te vorm.
  7. Sit voor saam met die steak en vars brood.