Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

MAALVLEIS

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g maer beesmaalvleis

50 g tamatiepasta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

sout en vars gemaalde peper

20 ml (4 t) suiker

1 x 410 g-blik rooi nierboontjies, afgespoel en gedreineer

POLENTA

375 ml (1½ k) polenta

30 ml (2 e) botter

sout en vars gemaalde peper

SALSA

2 groot tamaties, in blokkies gesny

1 rooi-ui, gekap

15 g vars pietersielie, grof gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Maalvleis Verhit die olie in ’n vlak kastrol en braai die uie en knoffel tot gekaramelliseer. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
  2. Meng die tamatiepasta deur, gevolg deur die tamaties, en verhit tot die mengsel begin prut. Geur met die speserye en suiker. Roer die boontjies deur en hou eenkant.
  3. Polenta Berei die polenta volgens die aanwysings op die verpakking. Roer die botter deur en geur met die sout en peper.
  4. Skep ’n derde van die polenta in ’n oondbak en skep die helfte van die maalvleismengsel bo-op. Skep weer ’n laag polenta op die
  5. maalvleis, gevolg deur nog ’n laag maalvleis en weer polenta.
  6. Bak 15-20 min. of tot deurwarm in die oond.
  7. Salsa Meng die tamaties, ui en pietersielie en sit voor saam met die polentatert.