Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20-25 minute

Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

15 ml (1 e) olie

125 g spekvleis, in blokkies gesny

2 preie, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekneus

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) vars tiemie

125 g spinasie, fyn gekap

75 ml (5 e) vars witbroodkrummels

60 g bloukaas, gekrummel

VLEISROL

1,5 kg beesplatrib, ontbeen

40 ml vars suurlemoensap

500 ml (2 k) droë witwyn

geroosterde groente vir opdiening

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. VULSEL Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, preie en knoffel ’n paar minute. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat dit effens afkoel en voeg die tiemie, spinasie, broodkrummels en bloukaas by.
  2. VLEISROL Plaas die vleis op ’n skoon werkoppervlak en skep die vulsel bo-op. Versprei die vulsel sodat die hele oppervlak bedek is en druk die vulsel effens plat met jou hand sodat dit makliker rol. Rol die vleis op en bind dit vas met tou.
  3. Plaas die rol in ’n groot oondbak en geur buite-om met sout, peper en suurlemoensap. Voeg die witwyn by. Oondbraai 2 uur of tot die vleis gaar is. Laat staan die vleisstuk 10 minute voor jy dit in skywe sny. Sit voor met geroosterde groente.