FRIKKADELLE

2 snye witbrood, korsies verwyder en in ’n bietjie water geweek

500 g beesmaalvleis

1 eier, geklits

sout en vars gemaalde peper

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

100 g sagte droëperskes, fyn gekap

KAPOKAARTAPPEL

4 groot aartappels, geskil en gekook

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) melk

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. FRIKKADELLE Meng al die bestanddele vir die frikkadelle behalwe die perskes.
  2. Druk die perskes saam in okkerneutgrootte-balletjies. Vou van die maalvleismengsel om die perskes en vorm ’n frikkadel.
  3. Herhaal met die orige mengsel.
  4. Pak die frikkadelle op ’n bakplaat en verkoel 15 minute in die yskas.
  5. Bak 15-20 minute of tot gaar.
  6. Maak ’n sous met die pansappe.
  7. KAPOKAARTAPPEL Druk die aartappel fyn, meng die botter en melk deur en geur met sout en peper.
  8. Sit die frikkadelle voor saam met die aartappel en bruinsous.