Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Verkoeltyd: 30 min.

Gaarmaak: 15 min.

FRIKKADELLE

60 ml (¼ k) rosyntjies

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

250 (1 k) rou of 500 ml

(2 k) gaar basmatirys

300 g maer beesmaalvleis

5 ml (1 t) borrie

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

2 ml (½ t) fyn kaneel

10 g pietersielie, fyn gekap

1 eier, geklits

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

TZATZIKI

½ komkommer, gerasper

250 ml (1 k) Griekse jogurt

  1. Frikkadelle Week die rosyntjies in kookwater tot effens geswel. Dreineer.
  2. Meng al die frikkadelbestanddele behalwe die olie. Geur met die sout en peper en laat minstens 30 min. in die yskas staan.
  3. Maak okkerneutgrootte-balletjies met die maalvleismengsel. Verhit die olyfolie en braai die frikkadelletjies in sarsies tot goudbruin en gaar.
  4. Tzatziki Rasper die komkommer en druk die oortollige vloeistof uit. Meng dit deur die jogurt en geur met die sout.
  5. Sit die frikkadelletjies met die tzatziki, naan- of pitabrood, ment en lemmetjies voor.