4 varkneksteaks

BOLAAG

15 ml (1 e) gekapte vars tiemie

2 wiele fetakaas, gekrummel

30 ml (2 e) groenpeperkorrels

MIELIES

4 soetmielies, aan die stronk

45 ml (3 e) botter

sout en peper

Verhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Pak die steaks op die bakplaat.
  2. Bolaag Meng alles en versprei oor die steaks. Oondrooster 15-20 minute tot gaar.
  3. Mielies Kook die mielies tot gaar. Smeer die botter oor en geur met die sout en peper.
  4. Sit voor saam met die steaks.