Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15-20 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 2-2½ uur

Tamatiesous

60 g botter

90 ml olyfolie

1 middelslag-ui, fyn gekap

10 knoffelhuisies, fyn gekap

4 blikke (400 g elk) heel tamaties

20 ml (4 t) suiker

7 ml (1½ t) sout

800 ml water

250 ml (1 k) basilieblare

vars gemaalde swartpeper

Frikadelle 

1 sny witbroodkrummels, sonder korsies

1 klein eier, geklits

500 g maer maalvleis

15 ml (1 e) origanumblare, fyn gekap

15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap

2 ml (½ t) roosmarynblaartjies, fyn gekap

2 ml (½ t) salie, fyn gekap

skil van een suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper

olie vir vlakbraai

15 ml (1 e) botter

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g spaghetti, gaargemaak volgens pak-aanwysings

parmesaankaas, in skywe gesny

ekstra basilieblare vir garnering

Tamatiesous

  1. Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol en roerbraai die ui en knoffel tot sag maar nie bruin nie.
  2. Voeg die geblikte tamaties, suiker, sout en water by, gebruik ’n staafmenger en pols die tamatiemengsel tot fyn. bring die sous tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut sowat 2–2½ uur tot geurig.
  3. Verwyder van die hitte, voeg die basilieblare en swartpeper by, plaas die deksel op en laat staan sowat 30 minute.
  4. Geur met sout en peper.

Frikadelle

  1. Meng die broodkrummels met die eier.
  2. Voeg die maalvleis, vars kruie en suurlemoenskil by en geur met sout en peper. gebruik jou hande om dit goed te meng.
  3. Vorm klein bolletjies en laat rus ’n paar minute in die yskas. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en braai die frikkadelle ’n paar op ’n slag tot amper gaar en goudbruin. Hou eenkant.
  4. Gebruik dieselfde pan waarin die frikkadelle gebraai is, verhit die botter en braai die knoffel oor matige hitte.
  5. Voeg die tamatiesous by en bring tot kookpunt. Verwyder die pan van die hitte en skep die frikkadelle daarby; geur indien nodig.
  6. Deel die pasta tussen 6 bakkies en skep die sous en frikkadelle bo-op.
  7. Garneer met parmesaankaas en ekstra basilieblare.