Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 35-40 minute 

olie vir smeer

625 ml (2½ k) koue water

250 ml (1 k) White Star 2-minuut-mieliemeel

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) olyfolie

250 g stukkies spek

1 ui, gekap

250 g sampioene, gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) vars room

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot  180 °C en smeer ’n oondvaste bak met olie.

  1. Maak ’n stywe papmengsel met die water en mieliemeel volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. verhit die olie in ’n pan en braai die spek, ui en sampioene tot die spek bros en die uie deurskynend is. Geur met die sout en peper.
  3. Rol die pap in bolletjies so groot soos jou handpalm  en druk met jou duim ’n gat daarin en skep ’n lepel vol van die mengsel in die middel. Rol weer in ’n bolletjie.
  4. Pak die gevulde papbolletjies in die bak, gooi die room oor en strooi die kaas bo-oor. Bak 35 tot 40 minute onbedek in die oond. Sit saam met braaivleis voor.