Genoeg vir 4 mense

4 riboogsteaks, 2,5-3 cm dik gesny

paar druppels worcestersous

paar druppels balsemieke asyn

sap en skil van 1 suurlemoen

paar druppels olyfolie

grof gemaalde swartpeper en sout

SAMPIOENROOMSOUS

40 g botter

250 g bruinsampioene, gekap

250 ml (1 k) room

20 ml (4 t) brandewyn

knippie mosterdpoeier

sout en peper

  1. Sit die vleis in ’n groot glasbak en meng die worcestersous, balsemieke asyn, suurlemoensap en -skil, olyfolie en peper. Giet oor die steak. Gebruik jou hand en smeer die mengsel in die steak. Marineer oornag.
  2. Verhit ’n riffelpan of braai die steaks oor die vuur tot mediumgaar (sowat 3-5 minute aan elke kant) en geur met sout en peper.
  3. SAMPIOENROOMSOUS Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene ’n paar minute. Roer die room by en laat prut ’n paar minute. Roer die brandewyn en mosterdpoeier by en geur na smaak. Laat prut tot die sous verdik en geur na smaak. Sit voor met skyfies en gebraaide tamaties.