4 gebeukte steaks

30 ml (2 e) Cajun-speserye

30 ml (2 e) olie

UIE

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) botter

3 uie, in ringe gesny

2 knoffelhuisies

SLAAI

150 g slaaiblare

½ komkommer, in linte

SLAAISOUS

15 ml (1 e) olyfolie

10 ml (2 t) balsemieke asyn

  1. Geur die steaks met die speserye.
  2. Verhit ’n pan tot baie warm, giet die olie in en braai die steaks in sarsies tot weerskante goudbruin en gaar soos verkies.
  3. Uie Verhit die olie en botter en braai die uie en knoffel stadig tot gekaramelliseer.
  4. Slaai Meng die blare en komkommer liggies.
  5. Slaaisous Meng die olie en asyn en giet oor die slaai. Meng liggies.
  6. Verdeel die uie tussen die steaks en sit voor saam met die slaai.