GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Staan: 30 min.

Gaarmaak: 30 min.

PANNEKOEKBESLAG

3 eiers

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) water

30 ml (2 e) olie

250 ml (1 k) koekmeel

2 ml (½ t) bakpoeier

VARK

400 g varkrepies

10 ml (2 t) olie

60 ml (¼ k) sojasous

60 ml (¼ k) soet sojasous

60 ml (¼ k) oestersous

60 ml (¼ k) bruinsuiker of heuning

VULSEL

½ kopkool, gesnipper

½ komkommer, in linte gesny

  1. Pannekoekbeslag Klits die eiers, melk, water en olie saam.
  2. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en klits by die melkmengsel in.
  3. Laat staan minstens 30 min.
  4. Vark Sny die swoerd van die varkrepies af. Sny die repies in blokkies.
  5. Verhit die olie en braai die vark in sarsies tot bruin. Gooi enige oortollige vet af.
  6. Meng die sojasous, soet sojasous, oestersous en bruinsuiker of heuning goed.
  7. Giet oor die vark en roerbraai 10 min. tot klewerig.
  8. Bak klein of groot pannekoeke met die beslag.
  9. Vulsel Pak van die kool en komkommer in die pannekoeke. Skep van die varkmengsel in. Rol toe. Sit dadelik met stingeluie voor.