Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Marineer: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

250 ml (1 k) tamatiesous

30 ml (2 e) worcestersous

30 ml (2 e) esdoringstroop

10 ml (2 t) paprika

300 g varkfilet

500 g baba-aartappels, in skywe gesny

10 ml (2 t) olie

125 ml (½ k) mayonnaise

’n hand vol vars koljander, gekap

2 sprietuie, in dun skywe gesny

3 ansjovisse, gekap

sout en peper

  1. Meng die tamatiesous, worcestersous, esdoringstroop en paprika in ’n marineerbak. Voeg die vark by, draai om goed te bedek en sit 10 minute eenkant om te marineer.
  2. Sit die aartappels in ’n kastrol gesoute koue water en bring tot kookpunt. Kook 20 minute of tot sag. Dreineer en sit eenkant om af te koel.
  3. Verhit die olie in ’n pan en braai die vark sowat 12 minute of tot gaar, maar steeds vogtig, terwyl jy dit draai om dit oraloor te verbruin.
  4. Meng die aartappels, mayonnaise, koljander, sprietuie, ansjovis, sout en peper in ’n bak.
  5. Sny die vark in skywe en sit voor saam met die aartappelslaai.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander