Genoeg vir 4 mense

sowat 1 kg riboogsteak

paar druppels worcestersous

paar druppels balsemieke asyn

sap en skil van 1 suurlemoen

paar druppels olyfoliegrof gemaalde swartpeper en sout

SAMPIOENROOMSOUS

40 g botter

250 g bruinsampioene, gekap

250 ml (1 k) room

20 ml (4 t) brandewyn

knippie mosterdpoeier

sout en peper

Sit die vleis in ’n groot glasbak en meng die worcestersous, balsemieke asyn, suurlemoensap en -skil, olyfolie en peper. Giet oor die steak. Gebruik jou hand en smeer die mengsel in die steak. Marineer oornag.

Verhit ’n riffelpan of braai die steaks oor die vuur tot mediumgaar (sowat 3-5 minute aan elke kant) en geur met sout en peper.

SAMPIOENROOMSOUS

Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene ’n paar minute.

Roer die room by en laat prut ’n paar minute. Roer die brandewyn en mosterdpoeier by en geur na smaak. Laat prut tot die sous verdik en geur na smaak.

WENK

Giet die pansappe wat uit die steak loop (as die steak ’n paar minute staan, vorm sappe) by die roomsous; jy sal nie glo watter verskil dit aan die smaak maak nie!

Deur Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers