Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

1 kg beesmaalvleis

10 ml (2 t) olie

1 ui, gekap

1 groen soetrissie, gekap

500 g pampoen, gekook en tot puree verwerk

2 blikke (410 g elk) heel tamaties

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) vars koljander

410 g (1 blik) cannellini-bone

nacho’s vir opdiening

Verbruin die maalvleis in ’n geoliede kastrol oor medium hitte.

Voeg die ui en soetrissie by en laat kook tot die ui sag is.

Voeg die pampoenpuree, tamaties, aftreksel, rissiepoeier, sout, peper en koljander by.

Roer goed en laat prut 30 minute.

Voeg die bone by en laat prut nog 10 minute.

Sit voor saam met nacho’s.

- Hope Malau