GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olyfolie

6 varkworsies

200 ml (¾ k) meel

knypie mosterdpoeier

3 eiers

300 ml melk

hand vol kersietamaties

’n paar roosmarynblare

Voorverhit die oond tot 220 °C.

1. Plaas 15 ml (1 e) olyfolie in ’n oondroosterbak.

2. Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n braaipan en kook die worsies 5 min. tot bruin aan alle kante.

3. Klop die meel, mosterdpoeier, eiers en melk saam tot dit ’n gladde beslag vorm.

4. Pak die bruingebraaide worsies in die voorverhitte oondbak en giet die beslag rondom dit. Pak die kersietamaties en ’n paar roosmarynblare op die beslag en plaas dit nog 20 min. in die oond, tot gerys en bruin gebak.