VLEIS

2 kg kalfskenkels, in stukke van 5 cm gesny

sowat 100 ml meel, met sout en peper gegeur

60 ml olyfolie

40 ml botter

2 uie, fyn gekap

2 – 4 selderystingels, fyn gekap

2 groot wortels, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gepers

2 lourierblare

375 ml rooiwyn

375 ml beesaftreksel

1 blik (400 g) geskilde tamaties

1 blik (400 g) tamatiepuree

60 ml vars pietersielie, gekap

GREMOLATA

fyngerasperde skil van 1 suurlemoen en 1 lemoen

125 ml vars pietersielie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gepers

Voorverhit die oond tot 160 ºC.

VLEIS

Maak met ’n skerp mes ’n paar snytjies in die vetrand van die vleis sodat dit nie omkrul terwyl dit braai nie.t

Doop die vleis in die gegeurde meel en skud die oortollige meel af.

Verhit olie en botter in ’n pan.

Verseël die skenkels stuk-stuk in die oliemengsel tot bruin en haal dit uit die pan.

Soteer die uie, seldery en wortels (dit word ’n soffritto genoem) in dieselfde pan tot sag.

Voeg die knoffel, lourierblare en kalfskenkels by en giet dan die rooiwyn en beesaftrelsel oor.

Laat prut 5 minute.

Voeg die tamaties, puree en pietersielie by.

Plaas alles in ’n groot bakskottel en bedek met foelie.

Bak 2 uur in die voorverhitte oond of tot die vleis sag is.

GREMOLATA 

Meng al die bestanddele vir die gremolata en sprinkel dit oor die ossobuco.

Sit voor saam met risotto, polenta of gebotterde pasta.

Het jy geweet? Ossobuco is ’n gereg uit Milaan en bestaan uit kalfskenkels wat in ’n ryk tamatiesous gesmoor word.