Kook die varkribbetjie in chaitee om die speserygeur te kry en verf dit dan met soetbrandrissiesous voor jy dit verder

rooster. Makliker kan dit nie.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 90 minute

RIBBETJIE

800 g varkribbetjie

1 L (4 k) chai-rooibostee, gemaak met 6 sakkies, afgekoel

250 ml (1 k) appelsap

SMEERSOUS

60 ml (¼ k) soet brandrissiesous

15 ml (1 e) sojasous

  1. Ribbetjie Plaas die ribbetjie, tee en appelsap in ’n groot kastrol. Laat kook tot die ribbetjie amper sag is, sowat 90 minute, of kook andersins sowat ’n halfuur in ’n drukkoker. Verwyder uit die vloeistof en laat effens afkoel.
  2. Smeersous Meng al die bestanddele vir die smeersous en verf oor die ribbetjie.
  3. Oondrooster sowat ’n kwartier of braai oor warm kole tot goudbruin.