Genoeg vir 2-4 porsies

sesamolie, vir braai

olyfolie, vir braai

800 g ontbeende varkrib, in blokkies gesny

10 ml (2 t) Chinese vyfspeserye-poeier

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) sojasous

15 ml (1 e) heuning

vars koljanderblare, gekap

rooi brandrissie, gekap

1. Verhit van die sesam- en olyfolie in ’n swaarboomkastrol.

2. Braai die varkblokkies tot goudbruin.

3. Sprinkel die vyfspeserye-poeier oor en roer deur.

4. Roer die hoenderaftreksel, sojasous en heuning by.

5. Laat prut sowat 20 minute of tot sag en geurig.

6. Sit voor op Oosterse noedels en besprinkel met koljanderblare en brandrissie.

Volg Huisgenoot op Twitter.