Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 45 minute

Staantyd: 1 uur of oornag

VLEIS

sowat 1 kg varklenderak of ’n braaistuk soos ’n heel varkskouer of –boud

sout en vars gemaalde swartpeper

sap en skil van 1 suurlemoen

MARINADE

1 knoffelhuisie, fyn gekap

125 ml (½ k) tamatiesous

25 ml (5 t) olyfolie 50 ml (10 t) blatjang 30 ml (2 e) gemengde vars kruie soos roosmaryn, tiemie en origanum, fyn gekap 15 ml (1 e) balsemieke asyn 200 ml bier

  1. VLEIS Geur die vleisstuk met sout, peper en die suurlemoensap en -skil.
  2. MARINADE Meng al die bestanddele vir die marinade en giet dit oor die vleis. Marineer ’n uur of oornag.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C, plaas die varkstuk in ’n oondbak en oondbraai 15 minute. Verlaag
  4. die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 1½ uur of tot die vleis gaar en die vleissappe nie meer bloederig is nie.
  5. Laat sowat 10 minute rus en sny in skywe. Sit voor met gestoomde groenbone, dolmades en slaai.