Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 3 uur

2 kg dik, heel beeslende

olyfolie

growwe sout en peper

7 ml (1½ t) gerookte paprika

750 ml (3 k) vars kruie, gekap (bv. orego, Italiaanse pietersielie, roosmaryn, basilie)

sap en skil van 3 ryp suurlemoene

350 ml gerasperde parmesaankaas

ekstra kruie

250 ml (1 k) room

sowat 30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Smeer ’n groot oondbak met olie en bedruip die vleis met olyfolie.
  2. Geur die vleisstuk met sout, peper en paprika.
  3. Meng die kruie, sap en skil en parmesaankaas met nog ’n bietjie olie tot ’n pasta.
  4. Verhit ’n riffelpan tot baie warm (die rook moet draai) en braai die heel stuk vleis aan alle kante tot goudbruin.
  5. Laat afkoel en smeer die vleis met die kruiemengsel in. Plaas in die voorbereide oondbak en oondbraai die vleisstuk 15-20 minute per 500 g vir liggaar of 20-25 min per 500 g vir mediumgaar.
  6. Verwyder die vleisstuk, plaas op ’n dienbord en laat rus minstens 10 minute voor jy dit sny.
  7. Voeg ’n bietjie ekstra kruie en die room en mosterd by die pansappe en bring tot kookpunt. Kook die sous af tot ryk en romerig.
  8. Sny die vleis in skywe en sit voor saam met die sous.