Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

15 ml (12 e) olyfolie

1 rooi-ui, gekap

500 g beesmaalvleis

2 ml (½ t) rissiepoeier

2 ml (½ t) rooipeper

2 ml (½ t) fyn komyn

sout en vars gemaalde swartpeper

1 blikkie (400 g) rooi boerbone

125 ml (½ k) warm water

6 slaaitamaties, gekap

2 jalapeño-rissies, gesny

sap van 1 suurlemoen

500 g (1½ pakkie) tortillaskyfies

375 ml (1½ k) gerasperde cheddarkaas

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

1 avokado, in blokkies gesny

1 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte en braai die helfte van die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en kook tot bruin.

2 Strooi die rissiepoeier, rooipeper, komyn, sout en peper oor die maalvleis en roer om te meng. Voeg die bone en water by, verminder die hitte en laat prut tot gaar en geurig.

3 Meng die res van die ui, die tamaties, rissies en suurlemoensap by en geur met die sout en peper.

4 Rangskik ’n laag skyfies op ’n bord. Skep ’n derde van die maalvleismengsel bo-op, dan 80 ml (? k) van die cheddarkaas. Voeg nog ’n laag skyfies by, dan nog maalvleis en dan die mozzarellakaas. Herhaal met ’n laag skyfies en maalvleis en voltooi met die oorblywende cheddarkaas.

5 Sit 30 sekondes in die mikrogolfoond of tot die kaas gesmelt het.

6 Rond af met die avokado en die tamatiesalsa en sit voor.

- Hope Malau