Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 8 minute

1 pakkie (250 g) nacho’s

15 ml (1 e) gerookte paprika

70 g varkwors, in skywe gesny

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

20 g sondroë tamaties

’n klein hand vol grasuie, gekap

gewone jogurt

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Meng die nacho’s, paprika, wors en kaas op ’n bakplaat.

3    Bak 8 minute of tot die kaas gesmelt het en die nacho’s begin verbruin in die oond.

4    Strooi die sondroë tamaties en grasuie oor en skep blertse jogurt bo-oor.

- Hope Malau