Genoeg vir 2-4 mense

4 ryp tamaties, gehalveer

sout en vars gemaalde swartpeper

400 g maalvleis

1 klein ui, gerasper

5 ml fyn komyn

5 ml fyn koljander

10 ml worcestersous

1 eier, geklits

20-30 ml pietersielie, fyn gekap

80-100 g mozzarella, in blokkies gesny of grof gerasper

Voorverhit die oond tot 200 ° C en rangskik die tamatiehelftes op ’n bakplaat.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en bak sowat 10-15 minute.

Meng die maalvleis, ui, komyn, koljander, worcestersous, eier en pietersielie goed in ’n groot bak.

Vorm maalvleiskoekies met jou hand en maak ’n gat in die middel.

Druk ’n kaasblokkie of gerasperde kaas binne-in elk en vorm weer ’n koekie. (Druk die vleis so dat die kaas nie uitsteek nie.)

Verhit ’n riffelpan en braai die koekies aan albei kante tot goudbruin.

Skep die tamaties uit en hou eenkant.

Gebruik dieselfde bakplaat en rangskik die maalvleiskoekies bo-op.

Bak sowat 10 minute of tot die kaas gesmelt is.

Sit voor saam met pesto-pasta en tamatiehelftes.