STEAK

4 x 150 g-riboogsteaks

sout en peper

10 ml (2 t) olie

MOSTERDKORS

45 ml (3 e) heelkorrelmosterd

5 ml (1 t) Dijonmosterd

UIERINGE

250 ml (1 k) bruismeel

250 ml (1 k) sodawater

knippie sout

olie vir diepbraai

2 uie, in ringe gesny

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. STEAK Vryf die steaks in met die sout, peper en olie.
  2. Braai in ’n baie warm pan tot buiteom geseël.
  3. MOSTERDKORS Meng die korsbestanddele en smeer op elke steak.
  4. Oondrooster die steaks 5 minute of tot gaar soos verkies.
  5. UIERINGE Klits al die bestanddele behalwe die uie saam.
  6. Verhit die olie vir diepbraai. Doop die uieringe in die beslag en braai tot goudbruin.
  7. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met die steak.