Lewer 18 klein burgers

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

VLEISKOEKIES

500 g maalvleis

125 ml (½ k) koljanderblare

1 klein rooi-ui, gerasper

2 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

5 ml (1 t) fyn komyn

15 ml (1 e) fyn koljander

10 ml (2 t) worcestersous

125 ml (½ k) sagte witbroodkrummels

sout en swartpeper

OPDIENING sowat 18 klein broodrolletjies blaarslaai agurkies tamaties, in dun skywe gesny

  1. VLEISKOEKIES Meng die bestanddele van die vleiskoekies in ’n groot bak en vorm klein frikkadelle daarvan. Laat ’n rukkie rus.
  2. Braai die vleiskoekies op matige kole tot net gaar.
  3. OPDIENING Halveer die broodrolletjies en rooster dit op matige kole.
  4. Rangskik die blaarslaai op die een helfte van die rolletjies en plaas ’n vleiskoekie op elkeen, gevolg deur agurkies en tamaties.
  5. Plaas die ander helfte van die broodrolletjie op en steek dit met ’n tandestokkie vas.
  6. Sit die hamburgers voor saam met ’n doopsous van mosterd en mayonnaise.