Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

5 ml (1 t) fyn komyn

15 ml (1 e) paprika

15 ml (1 e) borrie

350 g boerewors

2 knoffelhuisies, gekap

2 ml (½ t) droë brandrissievlokkies

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

15 ml (1 e) tamatiepasta

1 blik (400 g) gekapte tamaties

125 ml (½ k) beesvleisaftreksel

sout en peper

KOOLSLAAI

½ groen kool, versnipper

½ rooi kool, versnipper

3 wortels, gerasper

’n hand vol pietersielie

250 ml (1 k) mayonnaise

30 ml (2 e) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) appelasyn

sout en peper

AANMEKAARSIT

6 broodrolletjies

  1. Verhit die olie en braai die ui saam met die komyn, paprika en borrie.
  2. Sny die boerewors in happiegrootte stukke en verbruin saam met die ui.
  3. Voeg die knoffel, brandrissievlokkies, gemengde kruie, tamatiepasta, gekapte tamaties en aftreksel by. Laat prut 15 minute en geur met sout en peper.
  4. Koolslaai: Meng al die bestanddele in ’n groot bak tot die groente met die mayonnaise bedek is.
  5. Aanmekaarsit: Halveer die broodrolletjies, maar moet dit nie heeltemal deursny nie. Voeg die boerewors by en bedek met koolslaai.

Wenk: Die oorskiet koolslaai kan tot ’n week lank in ’n lugdigte houer in die koelkas gehou word.

Deur Hope Malau