Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 25 min.

4 aartappels

60 ml (¼ k) olie

1 rooi ui, in skywe gesny

15 ml (1 e) bruinsuiker

15 ml (1 e) balsemieke asyn

8 varkworsies

1 blik (400 g) sousbone

5 ml (1 t) paprika

20 g botter

sout en peper

slaaiblare vir voorsit

  1. Was die aartappels en prik dit oraloor met ’n vurk. Droog goed af en rangskik op ’n mikrogolfbestande bord. Bedruip met die helfte van die olie en mikrogolf 4 minute op vol krag.
  2. Droog die aartappels met papierhanddoek af. Plaas weer op die bord met die ander kant na bo en mikrogolf 4 minute op vol krag.
  3. Haal die bord uit die mikrogolf en laat staan 2 minute. Prik die aartappels in die middel om dit kyk of dit sag is. As dit nie deurgaar is nie, mikrogolf nog ’n paar minute.
  4. Plaas die ui in ’n gesmeerde mikrogolfbestande bak en mikrogolf 2 minute op hoog. Strooi die suiker en asyn oor die ui en mikrogolf nog 4 minute of tot die ui glansend is.
  5. Plaas die worsies op ’n bord en giet die oorblywende olie oor. Mikrogolf 5 minute op hoog of tot deurgaar.
  6. Plaas die sousbone en paprika in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 2 minute op hoog of tot deurwarm.
  7. Sny die aartappels oop, sit ’n blerts botter op elkeen en geur met sout en peper. Giet die bone oor. Bedek met die wors en die uie en strooi die slaaiblare oor.