GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10-15 min.

1 x 410 g-blik drie-boontjiemengsel, gedreineer

1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

1 rooi-ui, fyn gekap

3 ingelegde jalapeño’s, gekap

10 g koljanderblare, fyn gekap

sout en vars gemaalde peper

4 tortillavelle

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.

  1. Meng die boontjies, pitmielies, ui, jalapeño’s en koljander. Geur met die sout en peper.
  2. Plaas 1 tortillavel op die bereide bakplaat. Sprinkel ’n kwart van die mozzarellakaas oor, gevolg deur ’n kwart van die boontjiemengsel.
  3. Sprinkel ’n bietjie van die cheddarkaas oor en plaas nog ’n tortillavel bo-op. Herhaal die lae en eindig met die cheddar.
  4. Bak 10-15 min. in die verhitte oond of tot die kaas gesmelt is en die kante van die tortillas begin verbruin. Sprinkel ekstra jalapeño’s oor, sny in skywe en sit voor saam met vars koljander en lemmetjies.