Genoeg vir 4 mense

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, grof gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 rooi brandrissie, fyn gekap

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

500 g maalvleis

5 ml (1 t) gerookte paprika

5 ml (1 t) komyn

30 ml (2 e) tamatiepuree

1 blik (410 g) tamatie-en-uiesmoor

1 blik (410 g) botterboontjies

1 blik (410 g) nierboontjies

sout en peper na smaak

125 g spaghetti, gekook en gedreineer

1.    Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, brandrissie en soetrissie ’n paar minute. Voeg die maalvleis en speserye by en braai so 5 minute.

2.    Voeg die tamatiepuree en tamatie-en-uiesmoor by en laat prut 5-10 minute terwyl af en toe geroer word. Roer die boontjies by en laat die bredie nog 5 minute prut. Geur na smaak met sout en peper.

3.    Sit warm voor op gaar spaghetti of tortillas.

Deur Esther Malan en Bernice van der Merwe

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.