Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

Verkoel: 15 min.

VLEISKOEKIES

500 g beesmaalvleis

2 snye wit- of bruinbrood, korsies verwyder en in melk geweek

1 ui, gerasper

1 knoffelhuisie, fyngedruk

10 g koljander, fyn gekap

30 ml (2 e) maalvleisspeserye

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olie

PITMIELIESLAAI

250 ml (1 k) pitmielies

½ rooi-ui, gekap

10 g koljander, gekap

BURGERS

4 broodrolletjies

½ rooi-ui, in ringetjies gesny

4 jalapeño’s, in die lengte gehalveer

4 velle cheddarkaas

60 ml (¼ k) suurroom

  1. Vleiskoekies Meng al die bestanddele behalwe die olie goed, geur met die sout en peper, vorm vleiskoekies en verkoel minstens 15 min.
  2. Verhit die olie in ’n pan en braai die vleiskoekies tot goudbruin en gaar.
  3. Pitmielieslaai Meng die mielies, ui en koljander en geur met sout en peper.
  4. Burgers Sny die broodrolletjies oop, plaas ’n vleiskoekie, ’n paar uieringetjies, ’n jalapeño, ’n vel kaas, ’n lepel vol van die pitmielieslaai en ’n skeppie suurroom op die een helfte van elke rolletjie.
  5. Sit die ander helfte van die broodjie bo-op en steek vas met ’n kebabstokkie.
  6. Sit die burgers voor saam met guacamole, tamatieslaai en nacho’s.

Die pitmielieslaai en suurroom werk ook heerlik in ’n boereworsrol pleks van die tradisionele tamatiesmoor.