Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 1½ uur  

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

1 x 400 g-blik klappermelk

50 g massaman-kerriepasta

500 g varkvleis, in blokkies gesny

sout en peper

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

’n paar druppels vissous

10 ml (2 t) sojasous

15 ml (1 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) suiker

200 g aartappels, in blokkies gesny

  1. Verhit olie in ’n pot oor matige hitte. Soteer die ui tot sag. Voeg die klappermelk en kerriepasta by en kook 3 min. terwyl jy aanhoudend roer.
  2. Voeg die vleis en die oorblywende bestanddele, behalwe die aartappels, by. Kook 60 min. oor lae hitte.
  3. Voeg die aartappels by en hou 30 min. aan kook of tot die aartappels sag is.