VARK

6-8 varkliesrepies

30 ml (2 e) cajunof braaispeserymengsel

15 ml (1 e) olie

2 uie, in skywe gesny

KOESKOES

500 ml (2 k) koeskoes

45 ml (3 e) dukkah

60 ml (¼ k) sultanas, opsioneel

handvol vars

koljanderblare, gekap

sout

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die vark met die speserymengsel, pak op ’n bakplaat en rooster 35-40 minute tot gaar.
  2. Verhit die olie en braai die uie tot goudbruin.
  3. Koeskoes Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking.
  4. Meng die res van die bestanddele en uie by en geur met die sout.
  5. Sit voor saam met die varkrepies en ekstra vars koljanderblare.