Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

olie vir braai

750 g lamsboud, ontbeen en in blokkies gesny

sout en peper

2 uie, gekap

6 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 liter (4 k) beesvleisaftreksel

30 ml (2 e) gerasperde gemmerwortel

2 rooi brandrissies, fyn gekap

100 g sultanas

200 g droë-appelkose, geweek

skil en sap van 1 lemoen

10 ml (2 t) fyn kaneel

45 ml (3 e) heuning

koljanderblare vir garnering

  1. Verhit van die olie in ’n swartpot op warm kole en verbruin die vleis bietjie vir bietjie. Geur met sout en peper. Verwyder dit uit die pot en hou eenkant.
  2. Verhit nog olie en braai die uie en knoffel tot sag. Plaas die lamsvleis terug in die pot.
  3. Giet die aftreksel oor en voeg die gemmer en rissies by.
  4. Sit die deksel op en verhit sowat 2 uur op stadige kole of tot die vleis sag is.
  5. Voeg die sultanas, appelkose, lemoensap en -skil, kaneel en heuning by. Verhit nog 20 minute.
  6. Geur na smaak. Sit voor saam met rys of koeskoes en garneer met koljander