Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 25 min.

Rus: 15 min.

1,5 kg varkskenkel

125 ml (½ k) lemoenmarmelade

45 ml (3 e) brandewyn

15 ml (1 e) vars suurlemoensap

sap van ½ lemoen

½ lemoen, in dun skywe gesny

60 ml (¼ k) suiker

375 ml (1½ k) water

100 g babawortels

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  2. Plaas die vark in ’n roosterpan en bedek met aluminiumfoelie. Rooster 1 uur in die oond.
  3. Verhit intussen die marmelade, brandewyn, suurlemoensap en lemoensap in ’n kastrol sowat 5 minute oor matige hitte tot loperig.
  4. Verwyder die vark uit die oond en sny kepe in die varkswoerd met ’n skerp mes. Verf die helfte van die glasuur oor die vark. Rangskik die lemoenskywe oor die die glasuur om die vark te bedek.
  5. Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Rooster die vark 20 minute onbedek. Verf met die oorblywende glasuur en bak sowat 5 minute tot goudbruin. Laat rus ’n kwartier en sny dan in skywe. Bedek met die lemoenskywe.
  6. Meng die suiker en water in ’n middelslag pan oor matige hitte, bring tot kookpunt en voeg die wortels by. Kook 20 minute of tot die wortels sag en soet is. Sit voor saam met die vark en ’n slaai, as jy wil.