Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 5 minute Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

  • 200 g nacho’s
  • 300 g gaar maalvleis
  • 1 blik (410 g) Mexikaanse
  • tamaties
  • 250 g suurroom of creme
  • fraiche
  • 250 ml (1 k) cheddarkaas,
  • gerasper
  • 250 ml (1 k) mozzarellakaas,
  • gerasper
  • 250 ml (1 k) vars koljanderblare
  • of pietersielieblare
  • 125 ml (. k) gekoopte guacamole
  • 1 brandrissie, fyn gekap
Voorverhit die oond tot 200 °C.
  1. Pak die nacho’s in ’n groot oondbak of -pan.
  2. Verhit die maalvleis en tamaties in ’n ander pan net sodat die geure kan meng.
  3. Skep dit op die nacho’s en skep groot lepels vol suurroom bo-oor.
  4. Versprei die kase oor die suurroom en bak sowat 10 minute of tot gesmelt en warm.
  5. Skep die koljanderblare en guacamole bo-oor en sprinkle die brandrissie oor.

WENK

Maak ’n tamatiesalsa en sprinkel dit oor die gereg pleks van die brandrissie. Kap 1 tamatie en

1 klein ui fyn en voeg gekapte koljander- of pietersielieblare daarby.