Genoeg vir 2-5 mense

MAALVLEIS

30 ml olyfolie

1 ui, grof gekap

1 brandrissie, grof gekap

2 knoffelhuisies, grof gekap

500 g maalvleis

sout en peper

2 ml paprika

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml sagte bruinsuiker

45 ml gekapte koljander

1 blik (410 g) nierbone, gedreineer

1 groot pak nachos

250 ml cheddarkaas, gerasper

OPDIENING

guacamole

suurroom

hand vol vars koljanderblare

MAALVLEIS

Verhit die olyfolie en braai die ui, brandrissie en knoffel ’n paar minute.

Roer die maalvleis by en braai tot net gaar. Geur met sout en peper.

Roer die paprika, tamaties, suiker en koljander by en laat 10-20 minute prut.

Roer af en toe.

Roer die bone by en geur na smaak.

Voorverhit die oond tot 200 °C en pak die helfte van die nachos op ’n bord uit.

Skep die helfte van die maalvleis op die nachos en herhaal met die res van die nachos en maalvleis.

Sprinkel met die kaas en bak tot die kaas lekker gesmelt is.

Sit voor saam met guacamole, suurroom en koljanderblare.