Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 45-60 minute

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

4-6 rooi en geel soetrissies, ontpit en in blokke gesny

800 g beenlose varkvleis (lende of boud), vet verwyder en in groterige blokkies gesny

sout en peper na smaak

klein bietjie mielieblom om mee te bestuif

15 ml (1 e) paprika

2 ml (½ t) gerookte paprika (opsioneel)

3 ml (½ t) droë tiemie

1 pakkie (50 g) tamatiepasta

30 ml (2 e) rooiwynasyn

10 ml (2 t) bruinsuiker

80 ml (¹/³ k) rooilensies

375 ml (1½ k) hoenderaftreksel

30-45 ml (2-3 e) natuurlike jogurt

grasuie vir bo-oor sprinkel

kapokaartappel (4-6 aartappels) en neutgroenbone

  1. Verhit die olie en roerbraai die ui, knoffel en soetrissies tot sag. Skep die rissies uit.
  2. Geur die vark met sout en peper en bestuif liggies met mielieblom. Voeg by die uiemengsel en roerbraai liggies tot effens bruin.
  3. Voeg die res van die bestanddele behalwe die jogurt, grasuie en aartappel by. Laat kook, verlaag die hitte en bedek. Laat 20 minute prut terwyl jy af en toe roer. Voeg die soetrissies by en verhit nog 10 minute.
  4. Verwyder van die hitte en roer die jogurt deur. Besprinkel met grasuie en sit voor met aartappel, neutgroenbone en ’n slaai.