30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g maalvleis

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) rooipeper

30 ml (2 e) tamatiepasta

250 ml (1 k) aftreksel

1 elk rooi, groen en geel soetrissie, in blokke gesny

1 blik (400 g) nierboontjies

1 blik (400 g) gebakte

boontjies

sout en peper

  1. Verhit die olie en roerbraai die uie en knoffel tot sag.
  2. Voeg die vleis by en braai 10 minute.
  3. Roer die speserye en tamatiepasta deur en roerbraai 5 minute. Roer die aftreksel by.
  4. Laat ’n paar minute prut en voeg die res van die bestanddele by. Verhit tot warm.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Bedien met pap of koeskoes.