Genoeg vir: 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

6 burgerbroodjies, gesny

15 ml (1 e) olyfolie, plus ekstra vir borsel

500 g beesmaalvleis

sout en vars gemaalde swartpeper

1 ui, gekap

500 ml (2 k) geurige pastasous

500 ml (2 k elk) mozzarella en cheddar, gerasper

40 g parmesaan

15 ml (1 e) droë Italiaanse kruie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Plaas die onderste helfte van die broodjies in ’n kasserolbak. Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die maalvleis. Geur met sout en peper. Voeg die ui en pastasous by en laat dit 10 min. liggies kook.

2. Verdeel die maalvleis-mengsel tussen die broodjies en bedek met die mozzarella en cheddar. Plaas die boonste helfte van die broodjies oor die maalvleis en borsel liggies met ’n bietjie olie.

3. Meng die parmesaan en Italiaanse kruie en strooi oor die broodjies. Bak 8 min.

Kook & stilering: Hope Malau

Foto’s: Megan Miller