Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olie

10 g botter

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gemaal

2 groen brandrissies, gekap

500 g beesmaalvleis

80 ml (¼ k) water

250 ml (1 k) tamatiesous

’n paar druppels tabascosous

30 ml (2 e) worcestersous

15 ml (1 e) Dijonmosterd

15 ml (1 e) asyn

15 ml (1 e) bruinsuiker

sout en peper

8 snye brood

kaas

  1. Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en rooi soetrissie by en braai 5 min. of tot sag.
  2. Voeg die knoffel en brandrissies by en braai nog ’n minuut terwyl jy gereeld roer. Voeg dan die maalvleis by en kook sowat 10 min.
  3. Roer die water, tamatie-, tabasco- en worcestersous, mosterd, asyn, bruinsuiker en geurmiddels in. Bring tot prutpunt.
  4. Rooster die brood en smelt die kaas daaroor. Bedek 4 snye met maalvleismengsel en bedek met die oorblywende snye.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller